Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Seun (15) se lyk in kloof gevind

$
0
0

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die ontbinde liggaam van ʼn 15-jarige seun is deur reddingswerkers en lede van die polisie se honde-eenheid uit ʼn kloof naby Pinetown in KwaZulu-Natal verwyder.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn persoon wat skrootmetaal bymekaarmaak, het op die liggaam afgekom. Volgens Zwane is die kloof in KwaDabeka en word dit deur inwoners as ʼn vullisterrein gebruik.

Zwane het gesê reddingswerkers moes sowat 60 m teen ʼn steil afgrond af abseil om by die liggaam uit te kom. Die seun is twee weke gelede as vermis aangemeld en volgens Zwane word daar vermoed dat hy deur sy ma se vriend ontvoer is. Die ma en vriend het glo vervreemd geraak en hy het glo die seun ontvoer in ʼn poging om sake uit te klaar.

Volgens Zwane soek die polisie intussen na die man. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van die seun se dood te bepaal.

Foto: SAPD

Foto: SAPD


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!