Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

SA op rand van rommelstatus

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ekonoom het gewaarsku Suid-Afrika is op die rand van rommelstatus nadat die kredietgraderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) Suid-Afrika se buitelandse valutakredietgradering van stabiel na negatief hersien het.

S&P het Suid-Afrika se buitelandse valutakredietgradering verlaag na ʼn gradering van BBB. Peter Attard Montalto, ’n senior ekonoom en strateeg van die beleggingsgroep Nomura International, het gesê hulle glo ʼn gradering na rommelstatus is steeds op pad.

Hy het bygevoeg Nomura voorsien groeirisiko’s aan die negatiewe kant en ‘n gebrek aan politieke ruimte vir strukturele hervormings, sowel as ‘n beter fiskale prentjie wat op die korttermyn uiteindelik teen politieke beperkings in die mediumtermyn te staan gaan kom.

“Vir beide strukturele en fiskale hervormings is daar ‘n behoefte aan hervorming en konsolidasie op die hoogste vlakke van die regering en die ANC. Hierdie mense verstaan die risiko van afgraderings en sub-beleggingsgrade.

“Maar ons glo nie hulle verstaan (selfs na vandag) die behoefte aan tydige, dringende prioritisering van konsolidasie en hervorming nie. Politieke balansering en huuronttrekking is net te belangrik vir die oomblik. ‘n Massiewe binnelandse risikoskok en gepaardgaande markskok sal nodig wees om dit te verander. Dit sal waarskynlik net kom met ‘n afgradering na rommelstatus. Beleidmakers sal nie voor dan verander nie. Daarom glo ons Suid-Afrika is op pad na die rommelafgrond,” het Montalto gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621