Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Aberdeen-plaasmoord: Man ondervra

$
0
0

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die polisie in die Oos-Kaap het bevestig dat iemand ondervra word in verband met die moord op die 75-jarige Schalk Featherstone.

Ao. Wessel Cronje, woordvoerder van die polisie, het die nuus aan Maroela Media bevestig. Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie en die ondersoek duur voort.

Maroela Media het vroeër berig Featherstone is Donderdagaand koelbloedig in sy huis doodgeskiet. Hy het alleen op die plaas gewoon. “Sy liggaam is vermoedelik deur een van die bure in sy huis aangetref. Hy is ses keer in sy bolyf geskiet,” het Cronje vroeër gesê.

Featherstone kon daarin slaag om iemand te bel om hulp te ontbied voordat hy dood is. “Volgens die inligting wat sover beskikbaar is, was daar omstreeks 21:00 ʼn klop aan die deur en hy het die deur oopgemaak. ʼn Enkele verdagte was by die deur en het hom geskiet. Hy kon iemand bel voordat hy finaal doodgeskiet is. Die presiese verloop van gebeure word nog deur die polisie ondersoek,” het Cronje gesê.

Lees meer hier.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621