
Foto: SAPD, Facebook
Volgens die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid het die beamptes, wat lede van die misdaadintelligensie-eenheid in Kokstad was, in ʼn VW Golf gery. Kwanele Ncalana, woordvoerder van die departement, het gesê die beamptes se Golf het teen ʼn minibustaxi gebots. Die 10 insittendes in die taxi het ligte beserings opgedoen.
Willies Mchunu, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, het sy skok oor die vier beamptes se dood uitgespreek. Mchunu het die dood van die beamptes beskryf as ʼn reuse terugslag in die regering se poging om misdaad te bestry kort voor die feesseisoen.
“Die vaardighede en kapasiteit waaroor hulle beskik het as lede van misdaadintelligensie, is skaars. Forensiese spanne ondersoek die toneel om te bepaal wat die ongeluk veroorsaak het.” Mchunu het sy meegevoel met die oorledenes se familie en kollegas uitgespreek.