
Argieffoto
Die Australiese tsoenami-waarskuwingsburo het egter nie ‘n tsoenamiwaarskuwing uitgereik nie. Die skudding het op die mid-oseaniese rif tussen Australië en Antarktika voorgekom.
Dit is die 19de aardbewing vanjaar van 7 of sterker ter wêreld. Dit maak vanjaar reeds saam met 2011 die jaar met die tweede meeste aardbewings van 7 of meer sedert 2002. Die jaar 2010, met 21 groot aardbewings, hou nog die rekord.
Bronne: USGS hier en hier, en Australiese Tsunami-waarskuwingsentrum hier.