
Argieffoto: SAPD/Facebook
Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggame is ontdek nadat die polisie inligting ontvang het oor ʼn skietvoorval by ʼn huis in Kleinskool. Volgens Naidu het die bure skote gehoor.
Die polisie het die drie mans se lyke by die voordeur gevind. Volgens Naidu blyk dit nie in dié stadium dat die voorval met bendegeweld verband hou nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek die saak.
Enigiemand met inligting kan lt.kol. Dawie Scholtz by 082 319 8673 of kapt. Rio Kriel by 082 442 1303 bel.