Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

NVG soek Oscar so gou moontlik terug in hof

$
0
0

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het Vrydag gesê hy wil Oscar Pistorius so gou as moontlik in die hof kry nadat hy skuldig bevind is aan die moord op Reeva Steenkamp.

“Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die NVG, het gesê hulle wil Pistorius so gou as moontlik in die hof kry sodat ʼn datum vir vonnisoplegging vasgestel kan word.

“Ons probeer reël dat hy in die hooggeregshof in Pretoria verskyn sodat die saak amptelik uitgestel kan word vir vonnisoplegging. Ons probeer dit as ʼn saak van dringendheid doen. As dit van ons afgehang het, het dit al gister gebeur.”

Mfaku het gesê die datum vir vonnisoplegging sal spesifiek bepaal word deur die beskikbaarheid van regter Thokozile Masipa en dat dit na alle waarskynlikheid eers volgende jaar sal wees. Hy het gesê enige regter kan die aanvanklike verskyning hanteer.

Die NVG het gesê Pistorius se regsposisie tans is debatteerbaar aangesien die appèlhof se uitspraak effektiewelik die skuldigbevinding en vonnis wat deur Masipa beslis is, omgekeer het.

Regter Eric Leach het Donderdagoggend die eenparige uitspraak van die appèlhof voorgelees. Hy het gelas dat Pistorius aan moord skuldig bevind moes word en nie strafbare manslag nie. Die saak is terugverwys na die hooggeregshof vir nuwe vonnisoplegging. Lees meer hier.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621