Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Polisieman sterf ná kaping; man in hof

$
0
0

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn polisiebeampte van Noordwes tydens ʼn kaping geskiet het, het Vrydag in die Brits-landdroshof verskyn.

Die saak teen Samuel Marothodi Maphanga (23) is tot 9 Desember uitgestel vir hom om regsverteenwoordiging te kry asook ʼn moontlike borgtogaansoek. Maphanga het voetboeie aangehad tydens sy hofverskyning.

Ao. Sipho Sithole is op 14 November tydens ʼn kaping in Letlhabile naby Brits geskiet. Sy motor is gesteel en hy is twee dae later in die hospitaal dood. Sithole, wat by die Assen-polisiestasie gewerk het, was tydens die voorval nie aan diens nie.

Sithole se motor is later verlate naby Soshanguve, noord van Pretoria, gevind.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images