Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Man dán in hof vir Vanderbijlpark-moorde

$
0
0

Carlia, Thea en Phillip du Preez. Foto: Facebook

Carlia, Thea en Phillip du Preez. Foto: Facebook

Die man wat Donderdagoggend beweer het hy was in sy motorhuis terwyl twee verdagtes sy gesin in sy huis in Vanderbijlpark in Gauteng doodgeskiet het, sal waarskynlik Vrydag ʼn amptelike verklaring aan die polisie aflê.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die 39-jarige man se verklaring is nie Donderdag afgeneem nadat hy in hegtenis geneem is nie, aangesien hy moontlik te getraumatiseerd kon wees ná sy gesin se dood. Die man moes ook eers kans gegun word om ʼn regsverteenwoordiger aan te stel.

Thea du Preez (41) en haar kinders, Carlia (17) en Phillip (14), is vroeg Donderdagoggend in hul beddens in hul huis doodgeskiet. Die man het beweer hy was in die motorhuis besig toe hy skote in die huis gehoor het. Hy het beweer hy is daarna deur twee gewapende verdagtes gekonfronteer wat op vlug geslaan het, waarna hy ondersoek gaan instel het en die drie oorledenes se liggame in die huis aangetref het. Enkele ure daarna is hy egter in hegtenis geneem.

“Die polisie het in die huis op die twee ongelisensieerde vuurwapens en een gelisensieerde vuurwapen beslag gelê,” het Mofokeng gesê. “Die vuurwapens is vir ballistiese toetse gestuur om te bepaal of dit in die uitvoering van die moorde gebruik is.”

Mofokeng kon nie gerugte, dat die man aan die polisie skuld erken het, bevestig nie. “Die man het nie gister [Donderdag] ʼn amptelike verklaring afgelê nie. ʼn Skuldbekentenis moet in elk geval voor ʼn landdros gedoen word en die man sal eers Maandag in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn,” het hy gesê.

Die man sal teregstaan op aanklagte van moord, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!