Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Seekoei byt drie naby grenspos dood

$
0
0
Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Seekoei het Woensdagaand ʼn groep beweerde onwettige immigrante, wat die land deur die Limpoporivier naby Beitbrug wou binnekom, aangeval en drie mense doodgebyt.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die ongedokumenteerde buitelanders se liggame is Donderdagoggend aangetref. “ʼn Kind wat deel van die groep was, is ook aangeval, maar het oorleef.”

Die beseerde kind het om hulp geskreeu en verbygangers het op die kind afgekom. “Die verbygangers het die polisie ontbied en die liggame van twee volwasse mans en ʼn kind, vermoedelik tussen 7 en 9 jaar oud, is gevind.”

Die polisie het paramedici van ER24 ontbied.  Volgens Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, is die drie mense is op die toneel dood verklaar. “Die beseerde kind is in ʼn kritieke toestand na die Musina-hospitaal geneem vir behandeling,” het Rossouw gesê.

Otto het gesê die identiteit van die oorledenes is nog nie bekend nie. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!