
Argieffoto
Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê die dokter het vlugtig in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn. Die saak is tot 7 Desember uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.
Mophiring het gesê die 29-jarige swanger vrou beweer dat sy Sondagmiddag na ʼn plaaslike hospitaal in Qwa Qwa is vir ʼn ondersoek toe die dokter haar glo verkrag het. Sy het die beweerde voorval by die hospitaalbestuurder aangemeld.