
Argieffoto
Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte het die begrafnis van konst. Nomathamsanqa Ivy Tsitsi in Port Elizabeth bygewoon toe hy in hegtenis geneem is. Tsitsi is op 12 November in Motherwell vermoor.
Volgens Beetge is dit die derde verdagte wat in verband met Tsitsi se moord in hegtenis geneem is. Die verdagte sal op 3 Desember in die Motherwell-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Lt,genl. Celiwe Binta, provinsiale polisiekommissaris, het haar tevredenheid uitgespreek met die inhegtenisneming van al die verdagtes in die saak. “Dit wys ons toewyding om te verseker dat diegene wat polisiebeamptes aanval en vermoor aan die pen sal ry.”