Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Kampsbaai-moord: Man weer in hof

$
0
0

Gabriela Alban. Foto: Facebook

Gabriela Alban. Foto: Facebook

Die man van Guatemala wat aangekla word van die moord op ʼn Amerikaanse vrou in ʼn hotelkamer in Kampsbaai, sal na verwagting Maandag weer in die Kaapstad-landdroshof verskyn.

Diego Novella (41) word daarvan beskuldig dat hy Gabriela Alban (39) op 29 Julie in ʼn luukse hotel in Kampsbaai verwurg en wreed seksueel aangerand het met ʼn krultang. Dit het later in die hof aan die lig gekom dat Novella opgespoor is waar hy halfkaal op ʼn strand rondgeloop het. Toe hy glo gevra is waar Alban is, het hy bloot geantwoord: “Sy is dood.” Haar liggaam is toe in hul hotelkamer aangetref.

Tydens vorige hofverrigtinge het Novella se regsverteenwoordiger gesê sy kliënt is nommer 83 op die waglys vir ʼn bed in die Valkenberg-hospitaal. Die verdediging het vroeër versoek dat Novella vir 30 dae lange psigiatriese waarneming gestuur word.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621