Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Dank Miyeni af en verkoop SAL’

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

Dit is nie meer verdedigbaar vir die mense van Suid-Afrika om voort te gaan om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en sy voorsitter, Dudu Miyeni, se “deurlopende wanbestuur” te finansier nie.

Natasha Mazzone, woordvoerder van die DA, het gesê ʼn berig in die City Press, wat aan die lig gebring het dat SAL se jaarlikse finansiële verlies van R2,5 miljard tot R4,7 miljard toegeneem het, bevestig die DA se versoek dat Miyeni afgedank en die lugdiens geprivatiseer moet word.

Mazzone het gesê sy sal Nhlanhla Nene, minister van finansies, nader en versoek om met ʼn proses te begin om SAL te verkoop. Dit is vroeër vandeesmaand bevestig dat SAL ʼn verdere verlies van R648 miljoen gely het in die eerste ses maande van die jaar en dat die lugdiens ʼn reddingsboei van R5 miljard versoek het. Dít volg nadat die Tesourie in Desember ʼn waarborg van R6,5 miljard uitgereik het.

“In ’n tyd waarin dienslewering agteruitgaan, die toekoms van die land se studente by hoër onderwys-instellings in die gedrang is, en werksgeleenthede op ’n jaargrondslag verminder, kan die regering nie meer bekostig om SAL in die lug te hou nie.

“SAL het gewoond geraak aan blanko tjeks van die Tesourie om ʼn lugredery te finansier wat geen duidelike tekens van herstel toon nie, en dít ten koste van finansieringsprogramme om ons ekonomie te laat groei, ons nasionale vaardigheidsbasis uit te brei en uiteindelik werk te skep,” het Mazzone gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!