
Foto: Netcare 911
“Herstelwerk tussen Pretoria en Hatfield het oornag voortgegaan. Die krag na een van die twee lyne is herstel en ons sal ʼn treindiens tussen die twee stasies bedryf,” het die Gautrein op Twitter gesê.
Die Gautrein-diens tussen die Pretoria- en Hatfield-stasies is Saterdagoggend vir eers gestaak weens ʼn ongeluk. “’n Vragmotorongeluk het veroorsaak dat ’n heining op die oorhoofse lyn geval het. Ons kan bevestig dat geen treine betrokke was by die voorval nie en ons tegniese span herstel tans die diens tussen die twee stasies,” het Kesagee Nayager, woordvoerder van die Gautrein, gesê.
Netcare 911 het intussen bevestig dat die bestuurder van die vragmotor kritiek beseer is in die ongeluk.