Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vigs-tienersterftes het verdriedubbel

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Die aantal tieners wat weens vigs sterf, het die afgelope 15 jaar verdriedubbel, met 26 nuwe besmettings elke uur, het die Verenigde Nasies se kinderfonds, Unicef, gesê.

Die agentskap het gewaarsku “dit is krities dat jong mense wat MIV-positief is, toegang moet hê tot behandeling, versorging en ondersteuning”.

“Terselfdertyd moet persone wat MIV-negatief is, toegang hê tot die kennis en vermoë om hulle te help om hul status te handhaaf,” het Craig McClure, hoof van Unicef se wêreldwye MIV/Vigs-program, tydens ʼn konferensie in Johannesburg gesê waar nuwe statistiek deur die agentskap vrygestel is.

Volgens Unicef is vigs die hoofoorsaak van sterftes onder tieners (15 – 19 jaar oud) in Afrika en die tweede grootste oorsaak van sterftes onder tieners wêreldwyd. In sub-Sahara-Afrika, die streek met die meeste gevalle, word meisies baie meer hierdeur geraak, naamlik 7 uit elke 10 nuwe besmettings onder 15 – 19-jariges.

Onder MIV-besmette bevolkings, is tieners ook die enigste groep waar sterfgevalle nie afneem nie, volgens die statistiek deur Unicef.

Unicef het ook aangedui dat slegs 1 uit elke 10 tieners in sub-Sahara-Afrika getoets word vir MIV.

Volgens Unicef word minder as die helfte van kinders jonger as twee maande oud getoets vir MIV. Slegs een uit elke drie van die 2.6 miljoen kinders jonger as 15 wat MIV het, ontvang behandeling.

Unicef het gesê die nuwe inligting dui daarop dat meeste tieners wat weens vigs-verwante siektes sterf, ongeveer 10 – 15 jaar gelede MIV opgedoen het toe hul babas was, toe minder swanger vroue en ma’s behandeling ontvang het om oordrag aan hul babas te voorkom. “Hierdie kinders het tot in hul tienerjare oorleef, onbewus dat hul MIV positief is.”

Die nuwe data toon dat nagenoeg 1.3 miljoen nuwe besmettings onder kinders sedert 2000 verhoed is, danksy die vooruitgang wat gemaak is in die voorkoming van ma-tot-kind-oordrag van MIV.

Die nuwe data wys dat 26 nuwe besmettings onder tieners elke uur plaasvind en ongeveer die helfte van daardie kinders is in ses lande: Suid-Afrika, Nigerië, Kenia, Indië, Mosambiek en Tanzanië.

“Die vordering wat ons gemaak het om te verhoed dat MIV van ma na kind oorgedra word, is prysenswaardig,” het McClure bygevoeg. “Onmiddellike beleggings is egter nodig om besmette kinders en tieners te help.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!