
Foto: SAPD
Volgens die polisie was beamptes omstreeks 12:00 op patrollie toe hulle ʼn verdagte wit BMW opgemerk het met vier insittendes. Toe beamptes die motor nader, het die bestuurder weggejaag en die polisie het hulle agternagesit.
Die insittendes het op die polisiebeamptes losgebrand en die beamptes het teruggeskiet. Die BMW het in die rigting van Ngcondoweg gery toe die bestuurder beheer verloor en teen ʼn wal afgery het.
Drie verdagtes het uit die motor gespring en te voet gevlug. Die polisie kon daarin slaag om twee van hulle vas te trek. Die ander verdagte is dood in die motor aangetref.
Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die Durban-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord en die besit van motordiefstaltoerusting. ʼn Geregtelike doodsondersoek is ook geopen.