Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Phetoe as adjunk sekretaris-generaal verkies

$
0
0
Phetoe na sy verkiesing. Foto: Cosatu/Twitter

Phetoe na sy verkiesing. Foto: Cosatu/Twitter

Solly Phetoe, Cosatu se provinsiale sekretaris in Noordwes, is as die vakbondfederasie se adjunk sekretaris-generaal verkies.

Phetoe het 1 679 stemme gekry terwyl sy mededinger Oscar Phaka, van die vakbond Denosa, 677 stemme op hom verenig het.

Bheki Ntshalintshali, Cosatu se waarnemende sekretaris-generaal, is onbestrede verkies as sekretaris-generaal. Hy het in die pos waargeneem nadat Zwelinzima Vavi deur die vakbondfederasie geskors is.

Sdumo Dlamini is weer as president verkies, terwyl Tyotyo James eerste visepredient bly en Zingiswa Losi tweede visepresident. Freda Oosthuizen bly aan as tesourier.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621