Die besluit om Numsa uit Cosatu te skop, is Donderdag tydens die vakbondfederasie se kongres in Midrand bekragtig.
Afgevaardigdes het oor die skorsing gestem nadat die vakbond Fawu beswaar aangeteken het teen die aanvaarding daarvan. Fawu het versoek dat Numsa weer deel van Cosatu word. Tydens die stemming het 904 afgevaardigdes ten gunste van die skorsing gestem, terwyl 67 daarteen was.
Numsa is in November verlede jaar uit Cosatu geskors nadat die vakbond tydens sy spesiale nasionale kongres besluit het om die nie ANC of enige ander politieke party in die verkiesing te steun nie.