Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Weduwee (66) op plaas vermoor

$
0
0
Irene Vermaak. Foto: Facebook

Irene Vermaak. Foto: Facebook

Die liggaam van ʼn 66-jarige weduwee is Dinsdagaand in ʼn plas bloed in haar plaashuis tussen Devon en Endicott in Gauteng gevind.

Irene Vermaak, wat alleen op die plaas gewoon het sedert haar man nege jaar gelede dood is, se liggaam is vroegaand deur ʼn buurman gevind.

“Dit is in dié stadium nie presies bekend hoe laat sy vermoor is nie. Dit moes tussen 17:00 en 19:00 plaasgevind het,” het ao. Tommy Tomlinson, polisiewoordvoerder, Woensdag aan Maroela Media gesê.

Vermaak was op ʼn gereelde grondslag met ʼn radiostelsel in verbinding met omliggende boere en daar is onraad vermoed toe sy nie omstreeks 19:00 ingeroep het nie.

“ʼn Buurman, wat sowat ʼn kilometer van haar af woon, het gaan ondersoek instel en op haar liggaam afgekom. Haar keel is met ʼn mes gesny,” het Tomlinson gesê.

Tomlinson het gesê daar was geen sigbare tekens dat enigiets van waarde uit die huis gesteel is nie. “Die moontlikheid word ondersoek of enige geld van haar gesteel is.”

Die Devon-polisie ondersoek ʼn saak van moord en ander sake kan later bygevoeg word soos wat die ondersoek vorder. Dit is nog nie bekend hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie. “Die forensiese eenheid is vandag op die toneel om meer inligting in te samel,” het Tomlinson gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!