
Foto: SAPD
Sers. Kealeboga Molala, woordvoerder van die polisie, het gesê die groep gewapende mans het glo omstreeks 04:00 deur ‘n venster toegang tot die plaashuis verkry. Die verdagtes het hierna die 64-jarige man en sy 58-jarige vrou wakker gemaak.
“Hulle het vuurwapens op die egpaar gerig en hulle na die nabygeleë plaaswinkel geneem waar hulle ʼn onbekende bedrag kontant en vyf vuurwapens, wat aan die slagoffers behoort, geroof het.”
Volgens Molala is die man oor die kop geslaan met ʼn vuurwapen en het hy ligte beserings opgedoen. Die verdagtes het hierna in die slagoffers se Ford Ranger-bakkie gevlug. Die bakkie is later sowat 100m van die toneel gevind.
Niemand is nog in hegtenis geneem en die polisie ondersoek die saak.