Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

SA ma wat drie kinders versmoor se saak hersien

$
0
0
facebook-picture-of-gary-clarence

Gary Clarence en sy tweelingseuns Foto: Facebook

Tania Clarence, ʼn ma van Suid-Afrika wat drie van haar kinders in Engeland versmoor het, se saak is hersien.

Gesondheidsbeamptes van die Verenigde Koninkryk het bevestig dat sy haar drie gestremde kinders vermoor het weens die oorweldigende druk wat hul sorg op haar geplaas het.

Tania het op 22 April verlede jaar haar vierjarige dogtertjie Olivia en driejarige tweelingseuns Ben en Max in hul slaap versmoor om hul “lyding te beëindig”. Sy het in November verlede jaar skuld beken en behandeling in ʼn psigiatriese hospitaal ontvang.

Tydens haar verhoor het dit na vore gekom dat Tania en haar man, Gary, heeltyd vasgesit het met die span van byna 60 mediese personeellede wat hul gestremde kinders help versorg het. Al drie kinders het aan spinale spierdistrofie gely wat hul lewenstydperk drasties verkort het. Die kinders het daaglikse versorging benodig en die mediese hulp het onder andere dieetkundiges, fisioterapeute en spesialiste ingesluit.

Tania en haar man het hul kinders se lewensgehalte hoër as hul lewenstydperk geag, wat gereeld tot onmin tussen hulle en die dokters en ander mediese personeel gelei het. Haar advokaat, Jim Sturman, het aan die hof verduidelik dat daar aan Tania gesê is dat sy ʼn slegte ma was omdat sy nie haar kinders verder wou blootstel aan oneindige indringende operasies en prosedures nie. Die hof het aanvaar dat dit alles bygedra het tot die “ondraaglike spanning” wat haar tot die moorde gedryf het.

Die Kingston Local Safeguarding Children Board (LSCB) het gesê die hersiening van die saak was ʼn leerskool vir kenners in maatskaplike gesondheidsdienste. Die LSCB het in ʼn verklaring gesê die ouers van gestremde kinders se behoeftes word nie altyd in ag geneem nie en die beskikbaarheid vir meer berading word dus ondersoek. Die onafhanklike voorsitter van die LSCB, Deborah Lightfoot, het gesê die dood van Tania se kinders was ʼn tragedie. Hoewel die verslag hul dood as onvoorspelbaar verklaar het, bied dit ʼn leerskool vir die betrokke praktisyns.

Die verslag beklemtoon ook die werksverhouding tussen gesinne en die betrokke kundiges, en verduidelik dat die Clarence-gesin ontwrig is deurdat hulle nie afskeid kon neem van hul maatskaplike werker voordat haar rol in die saak beëindig is nie. Die LSCB het met die bevindinge saamgestem.

Britse koerante het in Mei vanjaar vermoed dat Tania vrygelaat is nadat ʼn foto van haar buite hul huis in New Malden geplaas is. Haar prokureur het verduidelik dat die herstel van haar verhouding met haar man en oudste dogter, Tanya (8), deel is van haar behandeling. Ná haar verblyf tuis sal Tania teruggestuur word na die fasiliteite waar sy behandel word. Tania se dokter het hierdie herintegrasie tuis deel van haar behandeling op lang termyn gemaak.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Tania Clarence op Maroela Media. 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!