Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Jong man se toespraak besorg hom ruimtereis

$
0
0

Hussain Manawer

Hussain Manawer

ʼn 24-jarige Brit het ʼn ruimtereis gewen met sy roerende toespraak oor geestesongesteldheid.

Hussain Manawer van Ilford sal in 2018 reis na die area tussen die atmosfeer en die buitenste ruim waar daar geen gravitasie is nie, sowat 95 km bó die aarde. Die webwerf metro.co.uk berig Manawer is staande toegejuig nadat hy sy toespraak op die Kruger Cowne Rising Star-kompetisie in Bangkok gelewer het.

Manawer se toespraak oor sy stryd met geestesongesteldheid het hom gehelp om stof in die oë te skop van deelnemers van 90 verskillende lande, en met die One Young World’s Rising Star-toekenning weg te stap. Manawer lewer ook praatjies oor boelies by skole en het ʼn groot bedrag geld ingesamel vir liefdadigheid deur berg Kilimandjaro te klim.

One Young World is ʼn jaarlikse beraad waar honderde jong mense van regoor die wêreld byeenkom om oor internasionale probleme te debat te voer en met oplossings vorendag te kom. Die Rising Star-program word deur die talentbestuuragentskap Kruger Cowne gesteun en is ʼn “internasionale soektog na ʼn jong ikoon van die toekoms”.

ʼn Uittreksel uit Manawer se toespraak:

Dear mum, I wasn’t meant for this planet. You did everything you could so please don’t panic. No one likes me so I might as well vanish.
See I write stories – I write them on my arm.
Only I can read them, but the doctor calls it self-harm.
When I bleed he tells me to put on a plaster – but I’m depressed inside, there’s no bandage for this internal disaster.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!