Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vrou kort ná man vermoor

$
0
0

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in Tzaneen het ʼn soektog van stapel gestuur na vier gewapende mans wat ʼn kroegeienaar vermoor het. Dié moord het glo ook tot die moord op sy vrou gelei.

Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Phenias Shai (60) is Sondag tydens ʼn rooftog by sy kroeg in Pharare doodgeskiet. Shai se identiteitsdokument en ʼn kluis met ʼn onbekende bedrag kontant is tydens die rooftog gesteel.

Volgens Ngoepe het Shai se vrou, Anna Baloyi, hom na ʼn hospitaal gehaas waar hy by sy aankoms dood verklaar is. Baloyi is hierna huis toe waar ʼn groep woedende gemeenskapslede haar ingewag het. Hulle het haar daarvan beskuldig dat sy by die moord betrokke was waarna hulle haar met klippe en bottels doodgegooi het.

Ngoepe het gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met een van die voorvalle nie. Enigiemand met inligting is versoek om brig. Thomas Shingange by 082 565 8155 of Crime Stop by 08600 10111 te skakel.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621