
Celine Dion
Celine Dion het Sondag tydens die American Music Awards ʼn Franse lied gesing in ʼn roerende huldeblyk aan die slagoffers van die terreuraanvalle in Parys.
Dion het “L’Hymne a l’amour”, wat bekend gemaak is deur Edith Piaf, gesing. Sy het aan die einde van die lied haar arm triomfantelik in die lug gesteek terwyl ʼn foto van die Eiffeltoring in die kleure van die Franse vlag agter haar verskyn het.
Die akteur en sanger Jared Leto het voor Dion se optrede gesê die terreuraanvalle in Parys en Mali het “die wêreld vir altyd verander en sy bevolking geskend”. “Vanaand vereer ons die slagoffers van die ondenkbare geweld wat in Parys en regoor die wêreld plaasvind. Die hele wêreld maak saak en vrede is moontlik,” het Leto gesê.