Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Polisieman red vrou wat glo van brug spring

$
0
0

Ben Schoeman-brug. Foto: Verskaf

Ben Schoeman-brug. Foto: Verskaf

ʼn Polisiebeampte van Despatch in die Oos-Kaap het die lewe van ʼn 36-jarige vrou gered nadat sy glo van ʼn brug gespring het.

Ao. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou het glo Sondagaand van die Ben Schoeman-brug in Despatch gespring. “Lede van die Despatch-polisie het gister omstreeks 20:00 die inligting ontvang en is onmiddellik na die toneel waar hulle in die bosse onder die brug na die vrou begin soek het.”

Volgens Swart is die vrou in die middel van die rivier wat onder die brug deurloop aangetref. Haar gesig was na onder in die water. “Lede op die toneel het die polisieduikers ontbied om hulle te kom help om die liggaam uit die rivier te verwyder.”

Swart het gesê dit is toe dat konst. Bruce Brits gesien het die vrou beweeg. “Hy het sonder huiwering in die water gespring en die slagoffer uit die koue water gered. Die slagoffer is in ʼn stabiele toestand na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir behandeling.”

Kapt. Flippie de Jager, waarnemende bevelvoerder van die Despatch-polisiestasie, het Brits geloof vir sy heldedaad.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621