Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

China verklaar ‘oorlog’ teen die IS

$
0
0

Die twee mans wat tereggestel is.

Die twee mans wat tereggestel is.

China het beloof om die Islamitiese Staat (IS) voor stok te bring ná berigte dat die groep twee gyselaars tereggestel het.

Die een gyselaar was ʼn 48-jarige Noorweër en die ander ʼn 50-jarige Chinese burger wat vanaf September deur die IS aangehou is. China het glo alles in die stryd gewerp om sy burger se bevryding te bewerkstellig. Die IS het glo aangevoer dat die twee mans se “ongelowige nasies” hulle in die steek gelaat het.

Pres. Xi Jinping van China het verkondig dat die IS tot rekenskap gebring sal word nadat foto’s van die teregstelling geplaas is. China het tot dusver ʼn onsigbare rol in die Sirië-konflik gespeel. China ondersteun Rusland en pres. Basjar al-Assad.

China het tot nou geen militêre hulp ten opsigte van die konflik verleen nie, maar sy stemtoon het verander. Pres. Xi het tydens die Apec-samekoms in Manila verklaar dat die IS “’n vyand van die mensdom is”. Wat die wêreld nou van China kan verwag, is egter nie onomwonde meegedeel nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621