Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Soektog na vermiste ma lei tot gru-vonds

$
0
0
Annetjie Stassen. Foto: Verskaf

Annetjie Stassen. Foto: Verskaf

Die soektog na Annetjie Stassen, ʼn 78-jarige vrou van Kempton Park aan die Oos-Rand wat verlede week as vermis aangemeld is, het ná ʼn vyf dae lange speurtog tragies ten einde geloop.

Kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die Kempton Park-polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê ná ʼn intense ondersoek en ondervraging van haar moontlike moordenaars, het hulle Vrydag onder druk geknak en het die vermistepersone-saak ʼn moordsaak geword.

Mtshali het gesê [Anna Dorothea Wilhelmina] Stassen is Dinsdag deur haar vriende as vermis aangemeld nadat hulle bekommerd oor haar was aangesien hulle sedert Maandag niks van haar gehoor het nie. Sy was ʼn diabeet en het nie haar medikasie by haar gehad nie.

Stassen het haar huis met haar 43-jarige seun en dié se 31-jarige vriendin gedeel.

“Die polisie het die ondersoek by haar huis begin. Die seun het beweer dat hy nie weet waar sy ma is nie. Hy het aanvanklik gesê ʼn motor het haar vroeër kom oplaai, maar hy het nooit sy ma as vermis aangemeld nie,” het Mtshali gesê.

Mtshali het gesê die polisie het vermoed iets is nie pluis met die seun en sy vriendin se verklarings nie. Hulle het dus die ondersoek versterk en op verdoemende bewyse afgekom wat hulle met Stassen se verdwyning kon verbind.

“Die paartjie het Vrydag uiteindelik onder druk geswig en erken dat hulle haar vermoor het. Hulle is dadelik in hegtenis geneem,” het Mtshali bygevoeg.

“Die verdagtes kon nie vir die polisie sê waar die vrou se liggaam gestort is nie en het gesê hulle kan nie onthou nie. Albei het gedurende aanhouding en ondervraging verskeie plekke genoem, waaronder ʼn dam in Mpumalanga, Marble Hall asook Bronkhorstspruit.”

Die polisie het hul kollegas in dié gebiede in kennis gestel en ʼn uitgebreide soektog na haar liggaam is van stapel gestuur. “Die polisie se soektog in die dam in Mpumalanga het niks opgelewer nie. Die deurbraak is Sondag gemaak toe ʼn groep vroue, wat ná ʼn kerkdiens teruggestap het huis toe, op haar liggaam in ʼn veld in Bronkhorstspruit afgekom het.”

Stassen is vermoedelik doodgeslaan. Haar vriende het reeds haar liggaam uitgeken.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn, waarna hul name bekend gemaak mag word.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!