Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Rassistiese’ ANC-LUR verkla oor wit kinders

$
0
0
ANC-LUR Nancy Sihlwayi. Foto: www.ecprov.gov.za

ANC-LUR Nancy Sihlwayi. Foto: www.ecprov.gov.za

Die Menseregtekommissie gaan versoek word om Nancy Sihlwayi, die regerende party se LUR van maatskaplike ontwikkeling in die Oos-Kaap, vir rassisme en menseregteskendings te ondersoek.

Die DA sal na verwagting Maandag die klag indien. “Sihlwayi se onlangse opdrag aan haar personeel om kinders op grond van hul ras uit te sluit van ʼn jeugprogram wat die regering aangebied het, is niks anders as suiwer rassisme nie,” het Veliswa Mvenya, voorsitter van die DA in die Oos-Kaap, Sondag gesê. Sy het verwys na ʼn onlangse jeugkamp vir minderbevoorregtes in Port Alfred. Sihlwayi het glo opdrag gegee dat geen wit kinders na dié kamp genooi mag word nie.

“Sihlwayi se rassisme skei die jeug op grond van ras en ontmasker die ANC as ʼn organisasie wat nie werk aan ʼn nierassige toekoms vir Suid-Afrika nie.” Mvenya het gesê as LUR van maatskaplike ontwikkeling het Sihlwayi gewys: As die ANC die kans kry, sal die party besluit watter rasse toegang tot sekere geleenthede kry.

Die DA het verlede week ʼn beroep op die ANC gedoen om hom van dié “rassisme” te onttrek, maar die ANC het dit tot dusver nie gedoen nie. Die DA het Sihlwayi reeds by die Oos-Kaapse wetgewer se etiese komitee verkla oor die kwessie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!