Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

NWU kondig nuwe bestuursmodel aan: ‘Afrikaans nie bedreig’

$
0
0

nwu-potch-puk

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Die Noordwes-Universiteit het ingrypende veranderings aan sy strategie en bestuursmodel aangekondig.

Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, het in ʼn verklaring gesê die universiteitsraad het tydens sy vergadering op 19 en 20 November ʼn nuwe strategie vir die universiteit goedgekeur wat tot 2025 in werking sal wees. Die nuwe strategie volg nadat ʼn span, onder leiding van visekanselier Dan Kgwadi, in Junie 2014 met ʼn proses begin het om die strategie te hersien.

Volgens Jacobs sal die strategie vir die volgende 10 jaar wees om “die NWU te transformeer en te vestig as ’n unitêre instelling van die hoogste akademiese uitnemendheid, met ’n verbintenis tot maatskaplike geregtigheid”. Jacobs het gesê die NWU moes herstruktureer en die bestuursmodel verander word ten einde die nuwe strategie in werking te stel.

Die universiteit het gesê die bestuur het ook besluit om die reeds bestaande praktyk van parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse op die Potchefstroomkampus in die modules wat meer as een keer op die groeprooster voorkom, vir 2016 te onderskryf. “Dit moet beklemtoon word dat Afrikaans op geen manier as onderrigtaal bedreig word deur die besluit nie. Dit is in ooreenstemming met die belangrikste elemente van ons taalbeleid en nuwe strategie, asook in reaksie op kwessies wat deur verskeie groepe belanghebbendes, waaronder formele bestuurstrukture, geopper is.

Volgens Jacobs is verskeie ander veranderings ook goedgekeur, waaronder ʼn enkele uitvoerende dekaan vir die agt fakulteit oor al die kampusse van die universiteit in plaas van die 15 kampusgebaseerde dekane en fakulteite wat tans die geval is. “Die dekane sal aan die adjunkvisekanselier (onderrig en leer) en adjunkvisekanselier (navorsing, innovering en tegnologie) verslag lewer rakende strategiese en funksionele aangeleenthede, asook verantwoordelik wees vir die belyning van akademiese programme en standaarde oor die hele universiteit.”

Jacobs het gesê die huidige kampusrektors sal vervang word deur adjunkvisekanseliers wat ʼn bedryfsverantwoordelikheid op ʼn kampus sal hê. “In dieselfde mate as wat die NWU moet transformeer, moet ons ook verseker dat akademiese uitnemendheid en finansiële volhoubaarheid nie in die proses benadeel word nie,” het adv. Johan Kruger, voorsitter van die raad, gesê.

Kruger het bygevoeg dat die raad alle belanghebbendes van die NWU wil gerusstel dat groot sorg en verantwoordelikheid gedra is om te verseker dat hierdie nuwe pad die NWU na nog groter hoogtes sal lei. “Die raad het ʼn manier gevind om die universiteit vorentoe te laat beweeg as ʼn inklusiewe universiteit waar ʼn fokus van maatskaplike geregtigheid deel van alle aktiwiteite sal vorm, waaronder die strewe om te groei in akademiese uitnemendheid. Daar is middegrond gevind wat tot voordeel van almal strek,” het Kruger afgesluit.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!