
Argieffoto (Foto: jingoba, Pixabay)
ʼn Man is Sondagoggend ernstig beseer toe ʼn trein hom net ná 09:00 op die spoorlyn naby die meer in Boksburg, Gauteng, getref het.
“Hy was glo besig om foto’s van die verbygaande treine te neem toe een hom tref,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Dit is nog nie duidelik hoe dit presies gebeur het nie en die polisie ondersoek die voorval.”
Paramedici het by die toneel opgedaag en die man in ʼn ernstige toestand aangetref. “Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn plaaslike hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”