
Skermskoot uit ‘n video wat die gebruiker @HeraldPE op Twitter gelaai het
Dertien persone, waaronder nege kinders, is Saterdag beseer toe twee markeetente by die Wêreld Visserydag in Humansdorp in die Oos-Kaap meegegee het.
“Twee van die strukture het meegegee,” het Bomikazi Molapo, woordvoerder vir Senzeni Zokwana, minister van die departement van landbou, vissery en bosbou, gesê. “Dit is nog nie duidelik hoe dit gebeur het nie. Die regering sal ondersoek instel.”
Altesaam 13 persone, insluitend nege skoolgaande kinders, het geringe beserings opgedoen. Hulle is by ʼn plaaslike hospitaal behandel.
Zokwana en Mlibo Qoboshiyane, LUR vir landelike ontwikkeling en grondhervorming in die Oos-Kaap, wat die skare by die plaaslike stadion toegespreek het, het om verskoning gevra vir die feesgangers. Hulle het die beseerde kinders by die hospitaal se ongevalle besoek.
Molapo het bevestig al die kinders is reeds ontslaan.
Marquee tent collapsed shortly before Minister Senzeni Zokwana was to address fishing community in #Humansdorp today pic.twitter.com/ncjPDgaOXO
— The Herald PE (@HeraldPE) November 21, 2015