Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Staat onseker oor ‘valse dokter’ se ware identiteit

$
0
0
Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

ʼn Man van Nigerië wat daarvan beskuldig word dat hy beamptes van binnelandse sake omgekoop het om toegang tot sy gekonfiskeerde identiteitsdokumente en paspoorte te bekom, het Vrydag ontken hy is ʼn “valse dokter”.

Anthony Nwuafor, wat vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem is, het aan die Polokwane-landdroshof gesê die beamptes van binnelandse sake het staatshulpbronne teen sy voormalige werkgewer gebruik. Hy voer aan die klagtes is teen hom ingestel om sy loopbaan te verongeluk.

Nwuafor het tydens sy aansoek om borgtog aan die hof gesê daar is nie ʼn saak teen hom nie, en dat senior beamptes in die Limpopo-regering ʼn “vendetta” teen hom voer. Hy het gesê hy is deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA) aangestel en het vertel van die probleme wat hy ondervind as ʼn dokter in ʼn landelike hospitaal.

ʼn Dokument wat aan die hof voorgehou is, wys hy het verskillende name, verskillende geboortedatums, en dat sy egskeiding met ʼn plaaslike vrou bevraagteken word. Dit het ook aan die lig gekom dat hy drie maande ná sy huwelik in Nigerië, met ʼn vrou van Hammanskraal getrou het.

Nwuafor het gesê die departement van gesondheid het hom aangekla, maar hy is later onskuldig verklaar en weer aangestel.

Staatsaanklaer Meivel Machaba het gesê daar bestaan verwarring hoe Nwuafor verblyfreg in Suid-Afrika bekom het, en tog ʼn Nigeriese paspoort het. Hy het aan die hof gesê die beskuldigde het drie teenstrydige identiteitsdokumente.

Daar word ook aangevoer dat hy ʼn onwettige egskeidingsbevel bekom het, maar sy regspan ontken dit.

Machaba het gesê Nwuafor moet nie op borgtog vrygelaat word nie, aangesien sy identiteit nie duidelik is nie en hy moontlik die hof kan ontduik. “Die grootste uitdaging is dat ons nie weet met wie ons te doen het nie,” het hy gesê.

Die staat hou vol Nwuafor wou die ondersoek verhinder toe hy glo R50 000 omkoopgeld deur Fareida Mall aangebied het. Die hof het gehoor Mall het erken dat hy die omkopery gefasiliteer het.

Die staatsgetuie Bernard Mabitla het getuig Nwuafor het gepoog om beamptes van die departement om te koop sodat sy gekonfiskeerde immigrasiedokumente vrygestel kan word.

Apo Molepo, vir Nwuafor, het egter aan die hof gesê die geld was vir Mall se immigrasiedienste.

Volgens Machaba het die ondersoek teen Nwuafor begin toe sy burgerskap bevraagteken is. Die departement van binnelandse sake se ondersoek duur voort.

Die saak is tot 24 November uitgestel.

ʼn Beampte van die departement het ook aan die hof gesê Nwuafor het vermoedelik vervalste kwalifikasies gebruik om die werk as ʼn dokter te kry.

Nwuafor en sy vrou is vroeër vandeesmaand saam met Fareida Mall in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie en oortreding van immigrasiewetgewing. Mall is vrygelaat op borgtog van R1 500. Aanklagte teen Nwuafor se vrou is teruggetrek.

Lees alle vorige berigte oor Anthony Nwuafor op Maroela Media


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!