Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

[Video] Franse pa skryf hartroerend ná vrou se dood in Parys-aanval

$
0
0
Bowdery het kort na die aanvalle die foto opgelaai. Argieffoto.

Bowdery het kort na die aanvalle die foto opgelaai. Argieffoto.

Antoine Leiris, ʼn inwoner van Parys, wie se vrou dood is in die terreuraanval by die Bataclan-konsertsaal in die Franse hoofstad, het hom tot Facebook gewend om ʼn ope brief te skryf aan die groep Isis. Leiris het die brief geplaas skaars drie dae ná die dood op sy 35-jarige vrou, Helen Muyal-Leiris. Die egpaar was 12 jaar getroud. Muyal-Leiris was een van 129 mense wat vermoor is tydens die reeksaanvalle in Parys. Dié brief met die opskrif “Ek sal nie haat nie”, is meer as 200 000 keer op sosiale media gedeel. Lees dit hier:

Vrydag het julle ʼn uitsonderlike lewe geneem: die liefde van my lewe en die ma van my seun. Ten spyte hiervan sal julle dit nie regkry dat ek julle haat nie. Ek weet nie wie julle is nie, en ek wil ook nie weet nie. Wat ek wel weet, is dat julle siele dood is. As hierdie god vir wie julle so blindelings moor ons werklik na sy beeld geskape het, is elke koeël wat my vrou gewond het, ook deur sy hart.

Ek gaan julle dus nie my haat gun nie. Ek gaan nie myself ʼn slagoffer van julle sinnelose geweld maak deur julle te haat nie, want dít is hoekom julle soveel mag het. Julle wil hê ek moet ʼn ander geloof aanneem, dat ek my medelandsburgers nie moet vertrou nie en dat ek my vryheid moet prysgee om veilig te voel. Dié stryd het julle verloor.

Ek het my vrou uiteindelik vanoggend gesien, ná dae en nagte van wag. Sy was nog net so mooi soos toe sy Vrydagaand by ons deur uit is en soos toe ek smoorverlief op haar geraak het 12 jaar gelede. Natuurlik is ek platgeslaan deur hierdie seer, dít sal ek toegee, maar ek weet die pyn sal van korte duur wees. Ek weet dat sy elke dag by ons sal wees en dat ons mekaar weer sal sien in die paradys van liefde, waar die dinge wat julle doen geen toegang het nie.

Nou is ons net twee; ek en my seun. Saam is ons sterker as al die weermagte in die wêreld. Ek wil nie meer tyd aan julle afstaan nie, ek moet my seun gaan versorg wat pas wakker geword het. Hy is nou byna 17 maande oud. Nes altyd, gaan hy binnekort eet en dan gaan ons speel. Vir die res van sy lewe sal hy ʼn bedreiging vir julle wees, want my seuntjie gaan gelukkig en vry wees. Ek sal nie toelaat dat hy haat as gevolg van julle dade nie.

Die BBC het die video op sosiale media gedeel:


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!