
Skermskoot uit die video
Wit studente van die Universiteit Stellenbosch het Dinsdag gepoog om die standbeeld van JH Marais skoon te maak nadat ʼn band by die standbeeld aan die brand gesteek is.
Verskeie video’s is op sosiale media gedeel, waaronder ʼn video van die gebruiker @LudweMtakati wat wys hoe die studente uitgejou word.
Maroela Media het vroeër berig werkers en studente het Dinsdag asblikke en ander voorwerpe aan die brand gesteek tydens ʼn betoging by die universiteit.
Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, het gesê die werkers van buitemaatskappye betoog oor uitkontraktering. ʼn Groep studente het hulle by die werkers aangesluit.
WAARSKUWING: Kru taal kan in die video’s gehoor word en sensitiewe kykers en kinders word ontmoedig om daarna te kyk.
.@afriforum Lede van @OpenStellies wat Jan Marais standbeeld probeer afbrand. @StellenboschUni Kampus sekuriteit?! pic.twitter.com/qjAwmmriG3
— Open Stellenjokes (@OStellenjokes) November 17, 2015
White Students cleaning JH Marais Statue pic.twitter.com/NK6T7fxWzI
— We Want The Land (@LudweMtakati) November 17, 2015