
Steve Hofmeyr. Foto: Verskaf
Skaars ʼn week nadat Steve Hofmeyr se nuwe country-album, If you could read my mind, uitgereik is, het dit goue status bereik.
“Vreugde aan die wêreld, country het weer sy merk gemaak! Duisend dankies vir soveel ondersteuning vir my CD,” het Steve Sondag oor dié blits-sukses gesê.
“Ek is oorstelp van geluk dat die musiekwêreld in 2015 steeds soveel plek het vir goeie, bekende, beproefde en ware countrymusiek. Julle het my gedagtes gelees … en as die album mooi lyk onder jou Kersboom, koop sommer nog een.”
If you could read my mind bestaan uit 15 van die gewildste countryliedjies, waaronder ’n roerende verwerking van “Teach your children” wat Steve saam met die Coleske-broers, Ewald en Arnold, opgeneem het.
Countrylegendes aan wie Steve hulde bring op sy album, sluit onder andere in The Eagles (“Heartache tonight”), Creedance Clearwater Revival (“Have you ever seen the rain”), Gordon Lightfoot (“If you could read my mind”), Don Williams (“Gypsy woman”) en Glenn Campbell (“Rhinestone cowboy”).
Die album is beskikbaar op iTunes en landswyd in musiekwinkels en word deur Universal Music SA versprei.

Steve Hofmeyr sing weer country-musiek. Foto: Verskaf.