
Argieffoto
ʼn Voetganger, ʼn man in sy 30’s, is Saterdagaand in ʼn beweerde tref-en-trap-ongeluk in die noorde van Durban doodgery.
Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het Sondag gesê paramedici is omstreeks 22:00 na die toneel, op die N2-snelweg naby die afrit van die M21, ontbied.
“Die man se liggaam is in die vinnige baan van die N2-Suid aangetref. Hy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Van Reenen gesê.
Die polisie was op die toneel en ondersoek die voorval.