Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Parys-terreuraanvalle: Islamitiese Staat aanvaar verantwoordelikheid

$
0
0
Een van die tonele. Foto: AP/Thibault Camus

Een van die tonele. Foto: AP/Thibault Camus

Volgens berigte op verskeie wêreldwye mediaplatforms het die Islamitiese Staat (IS) in ʼn aanlyn-verklaring verantwoordelikheid aanvaar vir Vrydagaand se terreuraanvalle in Parys in Frankryk. Na berig word het die militantegroep se media-afdeling in ʼn video aanspreeklikheid aanvaar.

Intussen het Francois Hollande, Frankryk se president, die aanvalle as ʼn oorlogsdaad bestempel én ook die IS daarvoor blameer.

Hollande het reeds ʼn noodtoestand afgekondig ná die aanvalle, wat as die ergste in Frankryk sedert die Tweede Wêreldoorlog beskryf word. Hy het ook die land se grense gesluit en gesê die land gaan amptelik vir drie dae lank rou.

ʼn Reeks selfmoordbom- en vuurwapenaanvalle regoor die stad het onder meer sokkerondersteuners by Frankryk se nasionale stadion, jongmense wat by ʼn konsert was en mense by verskeie kuierplekke en restaurante,  geteiken.

Die ergste slagting was by die Bataclan-konsertsaal, waar ʼn Amerikaanse rockgroep opgetree het. Talle mense is gyselaar gehou, waarna die selfmoordbomaanvallers ploftoestelle aan hul gordels laat ontplof het. Die polisie wat op die voorval reageer het, is met ʼn bloedblad binne die saal begroet.

Volgens owerhede word die voorlopige dodetal tans op 128 geraam, met die moontlikheid dat dit gaan styg, met nagenoeg 100 mense wat kritiek beseer is.

Ten minste sewe van die aanvallers is in selfmoordbomontploffings dood en een is doodgeskiet. Owerhede ondersoek die moontlikheid dat nog verdagtes op vrye voet is en hulle is op soek na moontlike medepligtiges.

Intussen het Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, gesê ondersoek word nog ingestel of enige Suid-Afrikaners in die aanvalle gesterf het. Geen sterftes is sover aangemeld nie.

Hy het mense wat naasbestaandes in Parys het en nog nie van hulle gehoor het nie, versoek om die departement by 012 351 1000 te bel. Die departement is gedurig in verbinding met die ambassade in Frankryk en sal inligting en navrae deurstuur.

President Jacob Zuma het die aanvalle veroordeel en Suid-Afrika se medelye met Hollande en Frankryk betuig.

Klik hier vir foto’s en video’s van die aanvalle. WAARSKUWING: Die foto’s en video’s onderaan die berig is grafies van aard en kan sensitiewe kykers ontstel.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!