Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

[Foto’s] Vyf vas vir hondegevegte aan Wes-Rand, nes oopgekrap

$
0
0
Die polisie neem 'n verdagete in hegtenis.  Foto: Verskaf

Die polisie neem ‘n verdagete in hegtenis. Foto: Verskaf

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en kan sensitiewe kykers en kinders ontstel.

Te danke aan wenke van ʼn keelvol gemeenskap, is vyf verdagtes vandeesweek in hegtenis geneem weens hul betrokkenheid by hondegevegte in die Roodepoort-omgewing, wes van Johannesburg.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Vrydag in ʼn verklaring gesê deeglike ondersoeke na hondegevegte in die Tshepisong-informele nedersetting het tot die inhegtenisnemings gelei.

“Inwoners van Tshepisong loop erg deur onder misdaad,” het die NDBV gesê. “Dié gemeenskap is een van vele waar die landswye hondegevegte-epidemie vinnig versprei het.  Hondegevegte gaan ook hand-aan-hand met ander kriminele dade en is ʼn aanduiding van ʼn gemeenskap se morele verval.”

Die organisasie het gesê inwoners van Tshepisong het toenemend bekommerd geraak oor die gruwelike omstandighede waaraan die honde blootgestel is, meestal aan die hand van jeugdiges wat by hondegevegte betrokke is. “Hulle is ook bekommerd oor die gevaar wat die ‘sport’ en honde vir die gemeenskap en hul eie troeteldiere inhou.”

Die gemeenskap het aanvanklik hul bekommernis onder die aandag van die dierewelsynsorganisasie Community Led Animal Welfare (CLAW), wat in die omgewing bedrywig is en eienaars van troeteldiere bystaan, gebring. CLAW het opgemerk daar is ʼn toename in mense wat Amerikaanse veghonde aanskaf, asook ʼn toename in hondebeserings. CLAW het hul bekommernis met die NDBV gedeel en inwoners aangemoedig om voorvalle by die NDBV se spesiale ondersoekeenheid aan te meld.

“Die NDBV het baie inligting van die publiek ontvang in die vorm van video’s, foto’s, inligting oor waar bloedige hondegevegte plaasvind, die adresse van mense wat daarby betrokke is en waar beseerde honde weggesteek word.”

Die inligting is deeglik ondersoek en inspekteurs van die NDBV en polisiebeamptes van die Wes-Randse honde-eenheid het vandeesweek op die verdagtes toegeslaan en hulle in hegtenis geneem.

Die NDBV het agt beseerde en siek honde, wat slagoffers van hondegevegte is, gered.

“Ons salueer die inwoners wat opgestaan en opgetree het om hierdie gruwelike misdaad aan te meld,” het die organisasie bygevoeg.

Die verdagtes sal vervolg word vir die oortreding van die Wet op Dierebeskerming.

WAARSKUWING: Die foto’s is grafies van aard en kan sensitiewe kykers en kinders ontstel.

hondegevegte NDBV hondegevegte NDBV 1 hondegevegte NDBV 3 hondegevegte NDBV 5 hondegevegte NDBV 10 hondegevegte NDBV 9 hondegevegte NDBV 8 hondegevegte NDBV 7 hondegevegte NDBV 6

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!