Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vrou van ‘kinderslagter-pa’ staan borgtog teen

$
0
0
Lesiba Kekana Donderdag in die hof. Foto: SAPD

Lesiba Kekana Donderdag in die hof. Foto: SAPD

Die vrou van Lesiba Kekana (36), die pa van Limpopo wat daarvan beskuldig word dat hy sy vier seuns se kele afgesny het, het Donderdag in die rondgaande hof in Magatle, suid van Polokwane, sy borgtog teengestaan.

Kekana staan tereg op vier aanklagte van moord op onderskeidelik Bokang Kekana (13), Keneilwe Kekana (10), Hlologelo Kekana (6) en Lekgoledi Kekana (4). Hy het hierop onskuldig gepleit.

Kekana, van Moletlane-Mmatjatji in Magatle, se vier seuns het by hul ouma, Kekana se ma, gewoon. Hy het op 4 September die kinders by haar gaan haal en na Gauteng geneem om by hul ma, Lorraine Kekana, te gaan kuier.

Kekana en Lorraine is glo nie op goeie voet nie en hy het na bewering die Saterdagaand teruggekeer en al vier seuns vermoor deur hul kele af te sny. Hy het daarna selfmoord probeer pleeg.

Staatsaanklaer Reneilwe Mashamaite het Lorraine se verklaring aan die hof voorgelê waarin sy sê sy is steeds depressief oor die voorval en wil hê haar man moet agter tralies bly.

“Die manier waarop my kinders vermoor is, is wreed. Ek pleit dat hy nie vrygelaat word nie. Ek ly aan depressie sedert hul dood,” het sy gesê.

Die ondersoekbeampte het vroeër getuig hoe Kekana een van die seuns gedwing het om sy ma te bel en te verduidelik hoe sy broers besig is om te sterf. “Ná die moorde het hy probeer selfmoord pleeg, maar is deur inwoners verhoed nadat die ma hulle in kennis gestel het van die voorval,” het die ondersoekbeampte gesê.

Moraka Rameetse, Kekana se regsverteenwoordiger, het gesê daar is omstandighede wat dit noodsaak dat sy kliënt op borgtog vrygelaat word.

“Daar is geen bewyse dat die verdagte ʼn misdryf sal pleeg of iemand sal leed aandoen as hy op borgtog vrygelaat word nie,” het Rameetse gesê.

Hy het gesê dat die staat se saak swak is en slegs staatmaak op ʼn “bekentenis” wat Kekana gemaak het.

“Die staat sukkel sover met bewyse want daar was geen ooggetuies nie. Die staat maak slegs staat op ʼn verklaring wat deur die aansoeker gemaak is. Die verklaring beteken nie dat die stryd verby is nie, dit gaan steeds betwis word,” het Rameetse gesê.

Die saak is tot 17 November uitgestel.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!