Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Hittegolwe vir eers hier om te bly; min reën voorspel

$
0
0

sonskynDie hittegolf wat groot dele van die land tans in ʼn wurggreep het sal moontlik teen die naweek tot ʼn einde kom, maar daar is nog geen vooruitsig vir goeie reën nie.

Volgens Cobus Olivier, ʼn weervoorspeller en navorser van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, is daar vandag al ʼn 30% kans vir verspreide donderbuie oor die oostelike dele van die land en bly dié voorspelling vir die volgende sewe geld. Olivier het gesê indien reën in die volgende week val, dit verligting sal bring, maar allermins nie sal beteken die droogte is gebreek nie.

Volgens Olivier kom die sterkste El Niño-weerverskynsel tot op hede tans voor en sal dit na verwagting tot in Maart warm en droë toestande veroorsaak. “Ons verwag nie goeie reënval dié somer nie. Die reën wat wel gaan val sal nie bydra tot watervlakke nie. Ons kan reeds sien dat die onderskeie provinsies se reënval vanjaar minder is as voorheen. Wanneer El-Niño in Maart tot ʼn einde kom beteken dit ook nie daar gaan dan goeie reën wees nie. Ons verwag die normale reënval vir daardie seisoen.”

Olivier het gesê daar is ook ʼn groot kans vir verdere hittegolwe vir die res van Desember. “Dit is nie net vir die noordoostelike dele van die land nie, maar vir groot dele van die land.” Volgens Olivier beteken dit egter nie daar gaan koeler temperature wees wanneer die hittegolf wyk nie en sal temperature van 30 °C en hoër steeds voorkom.

Maroela Media het vroeër berig die hittegolf wat groot dele van Suid-Afrika die afgelope week ervaar het, het dekadelange temperatuurrekords Woensdag laat spat. Lees meer hier.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621