Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vyf nou vas vir moord op PE-kleinhoewe

$
0
0
Johan van der Berg. Foto: Facebook

Johan van der Berg. Foto: Facebook

Nóg vier verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Johan van der Berg (54), ʼn afgetrede tegnikus en sakeman van Port Elizabeth.

Van der Berg is op 17 Oktober op ʼn kleinhoewe in die Groenbossie-omgewing buite Port-Elizabeth vermoor.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes, tussen 25 en 35 jaar oud, is Donderdag by hul onderskeie huise in die Kuyga-omgewing in hegtenis geneem nadat die polisie waardevolle inligting ontvang het oor hul moontlike betrokkenheid by Van der Berg se moord. Die polisie het tydens die inhegtenisnemings beslag gelê op goedere wat glo gesteel is.

Dié inhegtenisnemings volg twee dae nadat ʼn 36-jarige man in die Lusaka-omgewing weens die moord in hegtenis geneem is.

“Daar is tans vyf verdagtes in aanhouding. Drie van die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die ander twee verdagtes sal na verwagting Maandag in die hof verskyn omdat hul moontlike betrokkenheid by die saak verder ondersoek moet word,” het Janse van Rensburg gesê.

Maroela Media het vroeër berig Van der Berg se liggaam is die Saterdagoggend deur sy eksvrou, wat in ʼn aparte huis op dieselfde hoewe woon, gevind. Hy is vermoedelik dood nadat hy met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek is. Sy huis is geplunder en vuurwapens, ʼn TV en ʼn DVD-speler is onder meer gesteel.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!