Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vermiste man se onthoofde lyk gevind

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

Die onthoofde liggaam van ʼn 23-jarige man wat verlede maand as vermis aangemeld is, is in ʼn woud in KwaZulu-Natal gevind.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê Nawaaz Khan is op 31 Oktober as vermis aangemeld. “Alle pogings om hom op te spoor was tevergeefs. Daar is beweer dat hy in die geselskap van ʼn goeie vriend was toe hy die laaste keer lewend gesien is,” het hy gesê.

Naicker het gesê terwyl speurders die afgelope naweek die vriend ondervra het, het die vriend erken dat hy weet waar Khan se liggaam is. Hy het die speurders na die woud na Isonti geneem waar hy die liggaam aan hulle uitgewys het.

“Khan se vriend het glo vroeër ʼn tradisionele geneser gaan spreek wat versoek het dat hy vir hom ʼn mens se kop bring wat sal help om sy probleme op te los,” het Naicker gesê. Die geneser en Khan se vriend het hom glo na die woud gelok waar hulle hom met ʼn mes aangeval en sy kop afgesny het.

“[Khan se] selfoon, klere en tekkies is deur sy aanvallers gevat. Sy kop en die mes wat as moordwapen gebruik is, is nog nie gevind nie.”

Die 21-jarige vriend het ʼn volle skulderkenning aan die polisie afgelê en sal binnekort in die Umzinto-landdroshof verskyn, het Naicker gesê. Hy het gesê die polisie is steeds op soek na die tradisionele geneser wat glo op die vlug geslaan het. “Sy identiteit is aan die speurders bekend en ons glo dat hy binnekort in hegtenis geneem sal word. Ons hoop dat sy inhegtenisneming sal lei tot die opsporing van die kop en die moordwapen.”

Naicker het verder gesê dat twee ander mense Sondagaand in hegtenis geneem is nadat Khan se selfone in hul besit gevind is. Albei het beweer hulle het die selfone gekoop.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!