Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Man vas oor bomdreigement aan ANC-hoofkantoor

$
0
0

Luthuli-huis in die Johannesburgse middestad. Foto: Google Earth

Luthuli-huis in die Johannesburgse middestad. Foto: Google Earth

ʼn 41-jarige man is in hegtenis geneem in verband met ʼn bomdreigement in September vanjaar wat daartoe gelei het dat die ANC se hoofkantoor, Luthuli-huis, ontruim moes word.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die man is Maandag op ʼn plot in Muldersdrift buite Johannesburg in hegtenis geneem. Volgens Mulaudzi sal die verdagte na verwagting Woensdag in die hof verskyn.

Op ʼn vraag aan Mulaudzi oor op watter aanklagte die man tereg sal staan, het hy gesê daar is nog nie “formele aanklagte geformuleer nie”.

Luthuli-huis en die Star-koerant se kantore in die Johannesburgse middestad moes op 14 September ontruim word nadat ʼn bomdreigement ontvang is. Daar is destyds berig dat adj.pres. Cyril Ramaphosa in die gebou was ten tyde van die bomdreigement en dat pres. Jacob Zuma later ʼn vergadering daar sou bywoon.

ʼn Groot gebied om die kantore is afgesper en eers later weer heropen nadat snuffelhonde die twee geboue deursoek het en dit veilig verklaar is.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621