Sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om te help om die tien-dae-oue baba se identiteit te bepaal.
“Die baba is Woensdag, 5 Augustus omstreeks 17:30 by in ʼn vullissak in ʼn oop veld naby Dieketseng Primary School in Meloding [buite Virginia] gevind. Kinders wat in die veld sokker gespeel het, het die liggaam gesien,” het hy gesê.
Meloding polisie en nooddienste is na die toneel geroep en die baba is op die toneel dood verklaar.
Polisie in Potchefstroom het ook verlede week die liggaam van ʼn babadogtertjie, tussen agt en tien maande oud, in ʼn vullissak in die dorp gevind.