Clik here to view.

Foto: Netcare911
Vyf mense is Maandagaand dood toe twee motors reg van voor in Westonaria aan die Wes-Rand gebots het.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 21:15 na die ongelukstoneel in Mainstraat ontbied. Die twee wrakke van die voertuie het in die middel van die pad gestaan met kleiner wrakstukke oor die toneel versprei.
“Paramedici het die insittendes ondersoek en gevind twee mans, twee vroue en ʼn jong kind het reeds aan hul beserings beswyk. Nog ʼn driejarige dogtertjie het baie ernstige beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand,” het Botha gesê.
Paramedici het die kleuter op die toneel gestabiliseer voordat sy na ʼn hospitaal gehaas is.
“Dit is nie duidelik wat tot die ongeluk gelei het nie, maar die voorval sal deur die polisie ondersoek word,” het Botha gesê.