Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Verhandelinge in MTN-aandele opgeskort

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

Die Johannesburgse aandelebeurs (JSE) het die verhandeling van MTN se aandele opgeskort.

Die verhandeling is opgeskort in afwagting van ʼn aankondiging deur MTN. Volgens berigte hou die aankondiging verband met MTN se besluit om glo die R72 miljard-boete wat die maatskappy deur die Nigeriese kommunikasiekommissie opgelê is, te betaal.

Die boete hou verband met 5,1 miljoen MTN-intekenare in Nigerië wat in Augustus en September afgesny is. Hulle is glo nie betyds afgesny ingevolge nuwe registrasievereistes nie.

“Senior amptenare van MTN is besig om met die Nigeriese owerhede en hoër magte in verbinding te tree om hulle te oortuig dat terwyl hulle moontlik sommige van hul lisensievoorwaardes oortree het, ʼn boete van daardie omvang gelyk is aan jare se winste – jare en jare,” het ontleders van Vestact gesê.

“Dit is maklik om ʼn maatskappy sleg te sê, maar mense het min insig oor hoe moeilik dit is om in verskillende gebiede waar daar verskillende reëls en regulasies geld sake te doen.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621