Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Seun slaan glo ma dood oor kos

$
0
0
Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 31-jarige man van Noordwes het Sondag in die vroeë oggendure na bewering sy 63-jarige ma doodgeslaan omdat daar glo nie kos in die huis was nie.

Maj. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in Ratloung in Mahikeng plaasgevind.

“Daar word vermoed dat die seun vroegoggend saam met sy meisie by die huis opgedaag en op kos aangedring het. Die ma het glo nie kos gehad nie en die seun het haar na bewering daaroor doodgeslaan,” het Makau gesê.

Die polisie is ontbied en hy is by die huis in hegtenis geneem. Die man sal na verwagting Dinsdag in die Mahikeng-landdroshof verskyn op aanklag van moord.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621