Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Kinderverkragter gevonnis vir onopgeloste sake uit 2013

$
0
0
Speurderkonstabel Nikiwe Mokatsane  Foto: SAPD

Speurderkonstabel Nikiwe Mokatsane Foto: SAPD

ʼn 21-jarige man is uiteindelik gevonnis in twee sake van kinderverkragting wat nie in 2013 opgelos is nie, danksy knap speurwerk deur die polisie.

Neo Petrus Setlai (21) is Woensdag tot twee keer lewenslank in die Botshabelo-streekshof in die Vrystaat gevonnis vir die verkragting van twee dogtertjies.

“ʼn Vyfjarige dogtertjie het op Donderdag, 9 Mei 2013 omstreeks 14:00, saam met maatjies gespeel toe ʼn onbekende man haar weggeneem het op voorwendsel dat hy vir haar skyfies wil koop,” het konstabel Maselela Langa, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Hy het haar na ʼn nabygeleë koppie in Botshabelo geneem en haar verkrag.”

Die volgende Woensdag, 15 Mei, het ʼn onbekende man weer twee vyfjarige dogtertjies kom haal waar hulle gespeel het en gesê hy sal vir hulle skyfies koop. Die man het hulle ook na ʼn nabygeleë koppie geneem en een van die meisies verkrag. Die ander een kon ontsnap toe voetgangers daar verbygekom het.

“Albei dossiere is gesluit, aangesien die verdagte nie opgespoor kon word nie,” het Langa bygevoeg.

Die onbekende man het weer in Augustus 2013 ʼn seun en meisie, albei vyf jaar oud, na die koppie geneem en die seuntjie gedwing om gemeenskap met die meisie te hê. “Die seuntjie kon vlug en het vir sy gesin vertel wat gebeur het,” het Langa gesê. “Die gemeenskap in Botshabelo het die volgende dag die verdagte gaan soek, en hom met ʼn gebruikte kondoom betrap nadat die seuntjie die man beskryf het.”

Die polisie is ontbied en die kondoom is vir DNS-toetse gestuur.

Setlai is in daardie stadium tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting.

Speurderkonstabel Nikiwe Mokatsane van Selosesha-polisie het die modus operandi en DNS-toetse bestudeer wat in 2013 tot Setlai gelei het, waar hy in die tronk 15 jaar tronkstraf uitdien vir verkragting.

Ná ʼn lang en intensiewe ondersoek deur Mokatsane, is die beskuldigde bykomend tot twee keer lewenslank gevonnis vir die twee sake van verkragting wat nie in 2013 opgelos is nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!