Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Polisieman wat glo polisiekantoor wou beroof in hof

$
0
0

Konst. Mpho Matsoso. Foto: SAPD

Konst. Mpho Matsoso. Foto: SAPD

Die polisiekonstabel wat in hegtenis geneem is vir sameswering om die Dunnottar-polisiekantoor, net buite Springs in Gauteng, van vuurwapens te beroof, het Woensdag in die hof verskyn.

Lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê konst. Mpho Matsoso het in die Nigel-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord, korrupsie, gewapende roof, sameswering om ʼn misdaad te pleeg, opsetlike saakbeskadiging en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Hy sal volgende week weer in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen. Tot dan sal hy in polisieaanhouding bly.

Maroela Media het vroeër berig Matsoso is Dinsdag in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by ʼn gewapende rooftog by die Dunnottar-polisiekantoor op 8 Junie vanjaar.

Konst. Mpho Matsoso. Foto: SAPD

Konst. Mpho Matsoso. Foto: SAPD

Matsoso het glo met drie gewapende rowers saamgesweer om die polisiekantoor van vuurwapens te beroof.

Die beplande rooftog het egter skeefgeloop toe die rowers deur twee polisiebeamptes gekonfronteer is. Die beamptes het teruggeskiet toe die rowers op hulle losbrand en die rowers het met leë hande gevlug. Een van die polisiebeamptes is agt keer geskiet.

ʼn Maand ná die rooftog is Mduduzi Jali (49)‚ Prince Mnisi-Thobe Zondozi (38) en John Molefe (45) in Kwa-Thema vir die rooftog in hegtenis geneem. Telefoongesprekke wat Matsoso met die drie verdagtes verbind, het glo intussen aan die lig gekom.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!